In hierdie stadium is sowat 27 mense beseer tydens die botsing op die N3, rigting Durban, in die omgewing van Mooirivier en Nottingham Road in KwaZulu-Natal.

Die bestuurder van een van die trokke het kritieke beserings opgedoen.

Volgens ER 24-woordvoerder Russel Meiring het wrakstukke van die voertuie oor die hele toneel gesaai gelê.

Terwyl paramedici die beseerdes op die toneel behandel, het plaaslike owerhede verkeer herlei.

Die presiese oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie, maar ondersoek word ingestel.