’n Tiernerseun het ernstige kopbeserings en inwendige bloeding opgedoen na hy van ’n kwadfiets afgeval en ’n maat Maandagaand met ’n bakkie oor hom gery het, berig Netwerk24.

John Kuhne (17) en drie vriende het moontlik springhase gaan jag op die plaas Palmietfontein, sowat 12?km buite Louis Trichardt.

Hy was ’n gr.?11-leerling aan die Hoërskool Louis ­Trichardt.

Volgens Netwerk24 het die bakkie met twee vriende agter die kwadfiets aangery om lig te maak omdat die kwadfiets se ligte nie gewerk het nie.

John het agterop die kwadfiets gery.

Dit is nie presies duidelik wat gebeur het nie, maar die kwadfiets het omstreeks 22:00 moontlik ’n hobbel getref en John is afgeslinger, het kol. Ronél Otto, polisiewoordvoerder in Limpopo, gesê.

Die bestuurder van die bakkie kon nie betyds uitswaai nie en het bo-oor John gery.

LEES MEER HIER

Ook op Netwerk24:

‘Straf te lig’ vir man wat honde doodslaan

Motoriste gemaan ná N4 weer weens digte mis gesluit word