Ethan Couch (16) se bloed-alkoholvlak was drie keer die wettige perk toe hy in vier voetgangers vasry.

Ethan se prokureurs het sy grootwordjare die skuld gegee vir sy optrede en ’n sielkundige het getuig hy is ’n produk van “affluenza”, wanneer ryk, bevoorregte ouers nie perke aan hul kinders stel nie. “Die tiener het nooit geleer om jammer te sê wanneer hy iemand te nakom nie,”  het die sielkundige, Gary Miller, gesê. “In sy familie was daar nooit ’n redelike verband tussen optrede en gevolge nie.”

Die kinderhofregter het ook gesê die seun moet ’n alkoholrehabilitasie-program volg. Die ligte vonnis het gekom ten spyte van aanklaers se versoek vir ’n 20 jaar vonnis.

“Die vonnis gaan Ethan onder die toesig van die regstelsel hou vir die volgende 10 jaar,” het sy prokureur, Scott Brown, gesê. “En as Ethan nie doen wat hy veronderstel is om te doen nie, as hy een verkeerde tree gee . . . kan hy toegesluit word.”

Eric Boyles, wat sy vrou in die ongeluk verloor het, het gesê die oorledenes se familie en vriende is baie teleurgesteld. “Dit lyk asof geld hom altyd uit die moeilikheid hou,” het Eric gesê. “Ek dink geld het vandag gewen. As hy enige ander jong mens was, sou die omstandighede anders gewees het.”

Bronne: Khou.com, cnn.com, rt.com

Saamgestel deur Suzaan Hauman