’n Tienerseun is in ’n bedenklike toestand nadat hy ernstige beserings opgedoen het toe die mikroligte vliegtuig waarin hy en sy oom op ’n plaas in die Witpoort-gebied buite Lephalale (Ellisras) in Limpopo neergestort het.

Volgens Netwerk24 is Jannie Snyders (16) is eers na ’n plaaslike hospitaal geneem voordat hy na ’n hospitaal in Pretoria oorgeplaas is. Sy oom, Wynand Snyders (50), is dood in die ongeluk.

Jannie het onder meer kopbeserings opgedoen, sy pelvis is gebreek en een van sy longe is beseer. Hy is aan ’n asemhalingstoestel gekoppel en het ’n operasie weens sy inwendige beserings ondergaan.

Hy is ’n graad 10-leerling aan die Hoërskool Ellisras.

Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie en die polisie moet dit nog saam met die Burgerlugvaartowerheid ondersoek.

Bronne: Netwerk24, News24Wire