Dis hoekom tegnologie goed kan wees:

  1. 1.       Dit is opvoedkundig en gee jou kind toegang tot nuttige inligting – Die internet is vol legitieme en nuttige inligting wat jou tiener met huiswerk of toetsvoorbereiding kan help. En hulle kan blitsvinnig daartoe toegang kry. Dit ontwikkel ook hul politieke en sosiale bewustheid as hulle op die hoogte bly van nuus, aktuele sake en dokumentêre.
  2. 2.       Dit maak die lewe geriefliker – Gevorderde tegnologie het sekere take vir tieners ook geriefliker gemaak. As jou kind byvoorbeeld ’n projek vir visuele kuns moet maak, kan hulle rekenaarprogramme soos PowerPoint, Photoshop en Adobe Illustrator daarvoor gebruik.
  3. 3.       Sosiale netwerke maak tieners meer geheg aan hul portuurgroep – Onderwysers en ander volwassenes is nie meer die enigste bronne van kennis nie; jongmense is gemotiveer om aanlyn by ander van hul portuurgroep te leer. Hulle ontvang terugvoer van mekaar.
  4. 4.       Hulle kan hul lees- en skryfvaardighede en kritiese denke ontwikkel – Dit gebeur met blogs, geselskamers en deelname aan aanlyn besprekings, soos op opvoedkundige of nuuswebtuistes.
  5. 5.       Dit verbreed hu siening van kultuur en diversiteit – Musiek, flieks en sosiale media gee jou tiener die kans om plekke, mense, idees, sake en kulture te verken wat hulle andersins nie sou kon sien nie. Dit is ook ’n goeie manier om jou kind aan diversiteit bloot te stel en hulle te inspireer om nuwe aktiwiteite en nuwe idees te verken.
  6. 6.       Dit stimuleer hul kreatiwiteit – Tegnologie laat tieners toe om hul eie video’s, foto’s en ander inhoud op ’n kreatiewe, innoverende en inspirerende manier te deel.
  7. 7.       Videospeletjies kan eintlik ingewikkelde, nodige vaardighede help ontwikkel – In ’n paar eksperimente wat spelers met nie-spelers vergelyk, het navorsers bevind mense wat gereeld videospeletjies speel, het skerper visie en vinniger reaksietye. Hulle kan ook meer as een ding gelyk doen en hul aandag word nie so gou afgetrek nie.
  8. 8.       Sosiale verbindings maak jongmense meer verhouding-georiënteerd, bedagsaam en empaties – Navorsers het bevind dat tieners wat aktiewer op sosiale netwerke soos Facebook is meer virtuele empatie toon – hulle is meer geneig ondersteunend en aanmoedigend te wees. Hulle skep ook langtermynvriendskappe aanlyn, al is hul vriende fisiek vêr verwyderd.
  9. 9.       Dit verwyd hul belangstellings – Daar is mense wat deur tegnologie gemotiveer word – dit gee hulle die geleentheid om nuwe belangstellings te ontwikkel wat hulle gewoonweg nie sou nie, soos fotografie, videografie, skryf of selfs sing.

Maar wees bekommerd wanneer jou tiener dit doen:

  1. Hulle mis uit op slaap om speletjies te speel of sosiale media te besoek – Tiener het tussen agt en ’n half en nege en ’n half uur se slaap nodig om optimaal te funksioneer. As jou tiener minder as dit kry en jou tiener verloor kosbare ure as hulle slaap opoffer om tyd aanlyn deur te bring.
  2. Hulle bring meer as drie uur per dag voor die skerm deur – Hulle moet tyd voor die skerm deurbring vir huiswerk; dis hoe dit deesdae werk. Maar dit is tydrowend en kan verslawend wees om te veel tyd aanlyn deur te bring.
  3. Hulle het meer aanlyn vriendskappe as aflyn – Dit is veral waar wanneer jou tiener gedurig teksboodskappe stuur en aanlyn sosialiseer, maar jy sien nooit enige vriende in lewende lywe nie.
  4. Ander gebiede in hul lewe word afgeskeep vir tyd aanlyn – As jou kind nie sorg vir hul spirituele, emosionele, akademiese, gesins-, sosiale en fisieke gesondheid nie, is dit omdat dit tyd en moeite verg. Daar is dikwels nie genoeg energie oor nie wanneer jou kind te veel tyd aanlyn deurbring.
  5. Hulle skeep hul persoonlike higiëne af – Jou tiener moet regtig meer stort as wat hulle doen. Maar hulle stel dit uit omdat hulle video’s kyk, speletjies speel of eenvoudig nie die foon kan neersit. Soms raak dit so laat dat hulle dae lank nie hulself versorg nie.

-Janine Nel

Bronne: goodhousekeeping.com, geniusinchildren.org, huffingtonpost.com, teenink.com, nytimes.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.