Die matriekleerling wat haar Maandag in die koshuis by die Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong in Limpopo gehang het, sou in Julie ’n sielkundige gaan spreek het, berig Netwerk24.

Mihandri Laboff (17), wat met depressie gesukkel het, het haar met ’n gordel in haar koshuiskamer opgehang.

Volgens Netwerk24 het ’n vriendin van Mihandri vroegaand op haar afgekom.

Johan Laboff, haar pa, sê hy en sy vrou, Magda, is “geweldig geskok”.

Johan het aan Netwerk24 gesê Mihandri se emosies het onlangs wipplank gery en haar ouers het besluit om vir 15 Julie vir haar ’n afspraak by ’n sielkundige te maak. Mihandri het nie medikasie vir depressie gebruik nie, sê haar pa.

Lees meer hier

Ook op Netwerk24:

Weet jy wat jou lewensmaat verdien?

Hoof, onnies en ouers steel glo kos