’n Tienermeisie van Pretoria het Maandag (15 Mei) ná skool spoorloos verdwyn.

Die 17-jarige Marchain Mulder (17) van Pretoria-Noord is kort voor 15:00 laas by Hoërskool Gerrit Maritz gesien waar sy besig was om huis toe stap.

“Haar verdwyning is so onverwags. Ons het die afgelope naweek so lekker saamgekuier. Ons het selfs op Moedersdag gebraai,” sê Etresia.

Marchain se vriende het aan Etresia gesê hulle het haar ná skool huis toe sien stap. Hulle is net so verbaas oor haar skielike verdwyning.

Die tiener is 1,75 meter lank met donker hare en groenblou oë.

Sy het ten tye van haar verdwyning ’n wit skoolhemp, grys broek, rooi baadjie en skoolskoene aangehad.

Etresia sê sy het Maandagaand inligting ontvang dat Marchain laas in die East Lynne gebied gewaar is. “Maar ons het haar spoor daar verloor,” sê sy.

“Ek het sedert die naweek nog geen kontak met haar gehad nie.”

Die meisie se verdwyning word deur die Pretoria-Noord-polisiekantoor ondersoek. Enige inligting oor Marchain se verdwyning kan aan ao. YT Baloyi op 011 353 5600/5666 oorgedra word.