[caption id="attachment_126159" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Pixabay Foto ter illustrasie: Pixabay[/caption] Peri Sagun se 16-jarige suster was reeds in die hangmat by haar ouerhuis in Iowa, Amerika, toe sy daarop spring, maar is nie in die ongeluk beseer nie. Haar ousus het in die huis gehardloop om hul pa te kry, wat kunsmatige asemhaling op haar toegepas het terwyl hulle vir ’n ambulans wag. Sy is toe na die naaste hospitaal gehaas, maar is daar dood verklaar.

Peri en haar suster het die een punt van die hangmat aan ’n boom vasgemaak en die ander aan ’n baksteen-ligpaal van 1,5 m, berig die koerant Des Moines Register.

Haar maats by die Saint Augustin Katolieke Skool is nog geskok ná wat met Peri gebeur het. Sy sou in die volgende week haar gr. 8-gradeplegtigheid bygewoon het en was ook die wenner van die presidensiële beurs, een van die VSA se hoogste toekennings aan hoërskoolleerders.

“Peri was wonderlik. Sy was goed in tennis, sy was in ons vlugbalspan, sy was ’n topstudent, ’n gimnas, ’n danser en in al ons musiekblyspele oor die afgelope drie jaar. En sy wou altyd die regte ding doen,” vertel haar skoolhoof, dr. Nancy Dowdle.

Volgens die plaaslike polisie lyk dit of die pilaar se fondament nie diep genoeg was nie.

Haar skool gaan by die gradeplegtigheid ’n gedenkdiens vir Peri hou.

Bronne: Time.com, News.sky.com, Edition.cnn.com, Ktla.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Blake Lively in sosialemediastorm ná omstrede Instagram-inskrywing

Leanne Manas lewer roerende huldeblyk aan Vuyo Mbuli drie jaar ná skokdood

Ons spesiale Huisgenoot-legkaart bied ’n lekker uitdaging!

Kyk: Barmhartige Samaritane trotseer vlamme om man van gewisse dood te red

Bekende Afrikaanse sanger vir die soveelste keer op moedverloor se vlakte