Op die video kan ’n mens sien hoe die tiener, wat volgens die polisie 14 jaar oud is, gedwing word om op haar knieë te gaan en ’n derde meisie verskoning te vra dat sy “haar vuil kyke gegee het”. Die voorval het glo Saterdagaand in Northfield, Birmingham, plaasgevind.

Die boelies het hul aanval voortgesit deur die slagoffer met ’n handsak deur die gesig te slaan.

Die boelies is glo dieselfde ouderdom. Die mense wat die skokkende materiaal op Facebook gedeel het, het dit veroordeel en dit is kort daarna by die polisie aangemeld. Die polisie het intussen ’n meisie in hegtenis geneem en wil nog een aankeer nadat hulle ’n ondersoek na die video begin doen het. “Die geweld wat teen die twee meisies getoon word, is onaanvaarbaar en ons ondersoek vorder fluks. Hierdie soort aanval sal nie in Birmingham geduld word nie en die betrokkenes sal voor die gereg gebring word.”