By Madison Coe se laaste boodskap is daar ’n foto van haar selfoonlaaier wat in ’n verlengkoord gedruk is. Sy’t daarby geskryf: “Wanneer jy ’n verlengkoord gebruik sodat jy jou foon kan laai terwyl jy in die bad is.”

Daar word vermoed dat Madison (14) nie haar foon in die water gedompel het nie, maar dat sy gesterf het nadat sy aan ’n verslete deel van die koord geraak het terwyl sy nog in die water was. 

Haar ouers het die foto uitgereik om bewusmaking te skep oor die gevare van draagbare elektroniese toestelle.

Volgens die tiener se ouma, Donna O’Guinn, “was daar ’n brandmerk op haar hand, die hand wat die foon sou gevat het. En dit is baie duidelik wat gebeur het.”

Haar vriende het sedert haar dood meer as R156 000 op GoFundMe ingesamel om haar familie by te staan.

Bronne: New York Post, AOL News