Die meeste mense is ’n bietjie teleurgesteld wanneer hulle Leonardo da Vinci se Mona Lisa van naderby bekyk. Maar toe Karim Boumjimar dit onder oë kry, het hy hom genoop gevoel om sy tepels en naeltjie chirurgies te laat verwyder.

A photo posted by Karim Boumjimar (@beigetype) on

“Dis regtig interessant hoe Da Vinci noukeurig aandag gegee het aan elke liewe besonderheid, maar gekies het om nie vir haar wenkbroue of wimpers te gee nie,” het hy aan Dazed gesê. “En toe kom dit by my op: Ek kan iets soortgelyks met my liggaam doen.” Die 18-jarige Spaans-Marokkaanse kunstenaar van Londen beweer die prosedure wat hy in Bosnië laat uitvoer het, is ’n uitdrukking van sy kuns.

A photo posted by Karim Boumjimar (@beigetype) on
“Die temas waarmee ek werk, is die ontkoppeling en aansluiting van die verstand en liggaam,” het hy aan die tydskrif Paper gesê. “Ek glo narsisme is my hoofmedium. Ek gebruik my liggaam om ’n gesprek tussen my en die kyker te skep.” Sedert die operasie het Karim, wat as Beige Type bekendstaan, selfies van sy kaal bolyf op Instagram gedeel. Hy bedek die letsels, wat steeds aan die herstel is, glo met grimering. Hy het ook grillerige foto’s van sy onlangs verwyderde tepels gedeel – kompleet met lyfjuwele. Hy wil die tepels, ringe ingesluit, aan die hoogste bieër verkoop.

A photo posted by Karim Boumjimar (@beigetype) on

“Met my naeltjie het ek besluit om ’n halssnoer te maak, ’n baie spesiale een,” het hy op Instagram gesê.

“Dit sal trouens £100 000 (sowat R2,15 miljoen) werd wees. As jy belangstel, stuur asseblief vir my ’n boodskap. Slegs ernstige aanbiedinge. Alle kunskurators is welkom. GEEN TYDMORSERS NIE, want ek sal hulle nie beantwoord nie!”

Bronne: Dazed, Paper, Cosmopolitan

Ander stories op Huisgenoot.com

Vlieënier sterf en passasier oorleef in derde vliegongeluk in twee dae

Wellington treur ná skokdood van geliefde inwoner Winnie Rust

‘Dapper’ sewejarige kap kop oop nadat hy uit bewegende trein gesuig word

Hierdie gr. 2-wiskundevraag slaan almal dronk – kan jy dit oplos?

Kyk: Omstrede swemvideo het ouers warm onder die kraag