Woordvoerder vir Netcare 911, Athlenda Mathe, sê die seun het saam met sy vriende geswem toe hy omstreeks 15:30 in die moeilikheid beland en verdrink.

"Netcare911-paramedici was op die toneel saam met die provinsiale nooddienste en beamptes van die Krugersdorpse brandweer.

"Polisieduikers is ontbied om die seun se liggaam uit die water te haal," het Athlenda bygevoeg.

Die seun se liggaam is 18:00 uit die water gehaal en hy is op die toneel dood verklaar.

Bron: News24