’n Tienerseun (14) is gister dood nadat hy deur ’n trein getref is toe hy ’n spoorlyn in die suidelike voorstede van Kaapstad wou oorsteek.

Die seun is om 15:45 naby die Wittebome-stasie dood, het Riana Scott, woordvoerder van Metrorail, gesê.

“Volgens aanvanklike berigte wou die leerder die spoor oorsteek toe ’n aankomende trein hom tref. Die polisie het die deel van die spoorlyn vir die duur van hul ondersoek gesluit en 30 treine wat daardie deel van die spoor gebruik, is herlei. Dit het vertragings van 6 tot 37 minute veroorsaak.”

Die spoor is heropen en spoorverkeer is kort voor 18:00 hervat.

Die polisie ondersoek die saak.

Metrorail het ’n beroep gedoen op mense om duikweë en brûe te gebruik om sulke ongelukke te verhoed.

Bron: News24

Ander stories op Huisgenoot.com:

Suzelle DIY se selfdoen-wenke eersdaags kassie toe

47-jarige Tereza Troskie-Herbst maak laatlam se geslag aan Huisgenoot bekend

Vrou doen haar voor as terminaal siek om kankerbehandeling te kry

Pa en seun in teenstropery-operasie deur veldwagters doodgeskiet