Die 17-jarige, wat sy been gebreek het en verveeld was by die huis, het Defence of the Ancients feitlik aaneen gespeel. Hy het net opgehou om te slaap en te eet.

Speurders het uitgevind die seun, bekend as Rustam, het die speletjie oor die afgelope 18 maande meer as 2 000 uur lank gespeel. Dit kom neer op sowat 6½ uur per dag, en dit het uitgeloop op die feitlik aanhoudende sessies die afgelope 22 dae.

Volgens die dokters is hy moontlik weens ’n trombose dood omdat hy nie baie rondbeweeg het nie, soos mense op ’n beknopte langafstandvlug soms oorkom.

’n Woordvoerder van die polisie het gesê: “Daar is ’n vermoede dat hy die speletjie die afgelope 22 dae feitlik voltyds gespeel het en net opgehou het om ’n rukkie te slaap en ’n happie te geniet.“

Die seun het na bewering ineengestort aangesien sy virtuele karakter ook gesterf het in die speletjie.

Bronne: News.com.au, Daily Star