Volgens ER24 het ongeluk kort voor middernag in Pretoria op die N1 Noord tussen die R21- en Rigel-afritte plaasgevind. 

Paramedici het die wrakke van twee voertuie op die snelweg aangetref. 

Die meisie is in die voertuig met noodlottige beserings gevind en is op die toneel dood verklaar. ’n Vrou in dieselfde voertuig het ernstige beserings opgedoen en is na ’n nabygelieë hospitaal gehaas. 

In die tweede voertuig was ’n man in sy veertigs wat geringe beserings opgedoen het, hy is op die toneel behandel.  

Die oorsaak van die ongeluk is steeds onbekend.