'n Tienerseun van Almeria in die suide van Spanje het regsaksie teen sy ma geneem nadat sy sy selfoon afgevat het, glo omdat sy wou gehad het hy moes op sy huiswerk fokus.

Die hof het egter die seun se saak - waarin hy beweer sy ma 'mishandel' hom deur sy foon weg te neem, vinnig uit gegooi. Die seun, wat vyftien jaar oud is, se naam is nie bekendgemaak nie.

Die landdros het opgemerk die ouer het "heeltemal binne haar regte opgetree" en het "die regte optrede" as ouer geneem.

"Sy sou nie 'n verantwoordelike ouer gewees het as sy toegelaat het dat haar seun se aandag deur 'n selfoon versteur word en hy nie leer nie," het landdros Luis Columna bygevoeg.

Bronne: Europa Press, Daily Mail, The Locales.