Sy ma, Shaniqua Stephens, het aan die NY Post gesê sy was by die huis toe haar seun homself doodskiet terwyl hy die vuurwapen in sy slaapkamer in Forest Park, Georgia, hanteer. Sy sê hy het ’n knip in die vuurwapen probeer aanbring.

Sy sê sy het hom die vullis sien uitneem 10 minute voor sy ’n harde slag in sy kamer gehoor het.

“Ek het ’n harde knal gehoor. Ek kon nie sê of dit ’n geweerskoot was of wat nie,” sê Shaniqua.

Why yhu ??I miss yhu ?? talk to me in my dreams ??tell me u still here??Malachi Nasir Hemphill ??

A post shared by Malachi Nasir Hemphill?? (@0g.cammm) on

Sy en haar dogter het na Malachi se kamer gehardloop, maar die deur was gesluit; iets wat sy ma beweer hy nooit gedoen het nie. Hulle het die deur oopgebreek en Malachi in ’n plas bloed aangetref. Haar dogter het onmiddellik gesien die foon neem op en het vir haar ma gesê om die Instagram Live-video af te skakel.

Hulle het ’n ambulans gebel, maar hy is by die hospitaal dood verklaar. Sy vriende in die buurt wat na die regstreekse video gekyk het, het na Malachi se huis gehardloop.

“Daar was sowat 40 tot 50 kinders buite,” sê Shaniqua. “Ek dink dit was die kinders wat in die gebied woon wat dit op Live gekyk het. Ek dink toe dit gebeur, het hulle net hierheen gehardloop.”

Shaniqua sê sy is geskok, want sy was baie streng met haar seun oor die gebruik van sy selfoon en die sosiale media. Sy vermoed “invloede van buite” het haar seun dit laat doen.

MALACHI???, #1 man in my life , favorite person ?? I LOVE YOU ???, #doitformj

A post shared by MALACHI NASIR HEMPHILL??? (@weirdoo.comm) on

“Ek pleit by ouers om hul kinders dop te hou en hul foon te deursoek . . . nou meer as enigiets,” sê sy in ’n onderhoud met 11 alive.

Dit is nog onduidelik waar die tiener die vuurwapen gekry het.

Bronne: 11 alive, NY Post