Die 17-jarige Brit het Londen se wolkekrabbers in sy speelplek verander; hy en sy vriende klouter op teen geboue wat honderde meter hoog staan.

Loading

Admiring the view #London #londoneye #longexposure #night #photography #urbanexploration #600d

View on Instagram

  Hy is deel van ’n groeiende groep avontuurlustiges, wat as stedelike verkenners bekendstaan, wat plekke besoek wat die meeste mense maar vermy. Hulle verken verlate geboue, doolhowe, ou spoorweë en “struikelblokke van vervloë dae”. Harry sê hy en sy vriend het inspirasie gekry van die Russiese en Oekraïense “skywalkers”, wie se foto’s van amateur waagkunstenaars se toertjies gewild geraak het.

Loading

Playing hide and seek with security #canarywarf #mission #urbex #photography

View on Instagram

“Ons doen dit om die ervaring te geniet en foto’s te neem,” sê Harry. “Wat stokperdjies betref, is dit net so gevaarlik soos die ander uiterste sportsoorte soos motorsport, ski of sneeuplankry.”

Harry het die 160 m hoë Walkie Talkie-gebou, die 225 m hoë Cheesegrater-gebou en die onvoltooide Pinnacle-gebou geklim.

Loading

City gazing #canarywharf #crane #photography #london #urbex View on Instagram

  “Ek voel heeltemal veilig wanneer ek klim, want ek oefen al lank. Ek beoefen al sewe jaar lank vryhardloop en ek dink dit het my krag gegee, en die belangrikste, balans. “Wanneer ek bo is, maak ek deurentyd seker ek het ’n stewige greep. Ek beweeg nie tensy ek weet ek is veilig.” Harry sê hy dink nooit aan die moontlikheid van gly nie. “Maar as jy dink jy sal val, sal jy val. Die sleutel is om positief te dink.” Ma Amanda (47) is nie so ingenome met haar seun se stokperdjie nie. Harry sê: “My ma weet ek doen dit. Dit is amper onmoontlik dat sy nie uitvind nie, want ek was die hele nag uit. “Maar sy wil niks daarvan weet nie. Ek kan nie sê dat sy gelukkig daaroor is nie; sy wil glad nie die foto’s sien nie.”
Loading

Crane check point