Johan van Wyk, voorsitter van die Waterpan-buurtwag, het die gruvonds gemaak.

"Daar was ’n soektog geloods ná Kenny sedert die vorige aand vermis is. Ons het toe op sy liggaam in die veld afgekom. Dit is die eerste keer wat so iets in ons gemeenskap gebeur en die hele gemeenskap is geruk," het Johan aan Huisgenoot.com vertel.

Kenny se keel is na bewering afgesny en sy hande en voete is glo met ’n tou vasgebind.

Daar is ook beweringe dat die 18-jarige voor sy dood gemartel is.

’n Ooggetuie, ’n vriend van Kenny, het glo die gruwelike daad aanskou en het die inligting aan Johan en die polisie oorgedra.

"Hierdie hele affêre is ook besig om Kenny se vriend sielkundig te krenk en dit slaan hom regtig hard. Ons wil nie enigiets verder oor die ondersoek uitlaat nie omdat ons nie die polisie se ondersoek wil belemmer nie," sê Johan. 

Die polisie het volgens Die Herald nog nie kommentaar gelewer nie.