Die voorval het op 29 Mei gebeur, dae nadat die video op YouTube geplaas is.

Op die video staan Isabel Laxamana van Tacoma, Washington, Amerika, in ’n vertrek met van haar hare op die vloer.

Jy hoor die pa sê: “Die gevolge van kop verloor, man. Jy het al daardie pragtige hare verloor. Was dit die moeite werd?”

“Nee,” antwoord sy sag.

“Hoeveel keer het ek jou gewaarsku?” vra hy.

“Baie,” antwoord sy.

Al is dit nie bekend waarom sy in die openbaar in die verleentheid gestel is nie, skaar mense hulle nou om die oorlede tiener. Die Facebook-blad Justice for Isabel is nou begin as ’n manier om bewustheid te bevorder oor ouers wat kinders in die openbaar in die verleentheid stel.

Bronne: independen.co.uk, metro.co.uk