Die ongeïdentifiseerde meisie van Jemen het volgens berig 200 sakkies van die tee aanlyn gekoop en 'n paar maande lank 2 tot 3 koppies daarvan per dag gedrink.

“Ek het die tee oor die internet gekoop om gewig te verloor,” het sy aan die tydskrif BMJ gesê.

“Ek het slegs 'n paar kilogram verloor, maar toe begin ek vreeslike pyne in my gewrigte kry en ek het baie duiselig en siek begin voel.”

Die dokter het aanvanklik gedink sy het 'n infeksie in haar urienweg (UWI) en het haar huis toe gestuur met antibiotika.

Haar simptome het versleg, in plaas van te verbeter. Sy het kort daarna geelsug ontwikkel, 'n siekte wat haar vel en die wit van haar oë laat geel word het.

Ná nog ondersoeke het dokters die groentee as die skuldige aangewys.

Nadat sy opgehou het om dit te drink, “was daar 'n spoedige en volgehoue verbetering in haar lewerontsteking.”

“Noudat ek terugkyk, was die tee definitief die oorsaak, want ek het niks anders gedrink nie en alles het begin nadat ek die tee gedrink het. Ek sal nooit weer tee of enige pille vir gewigsverlies aanlyn koop nie.

“Die meeste van die bestanddele van die tee wat ek gekoop het, was in Chinees geskryf.”

Bronne: metro.co.uk, telegraph.co.uk