cella

Die Twitter-gebruiker, bekend as Cella, is Vrydag in die pad gesteek oor ’n twiet waarin sy gekla het sy moet by Jet’s Pizza in Texas begin werk.

“Jig, ek begin môre met ’n k** werk,” het sy getwiet.

cella 2

In ’n onverwagte wending het Robert Waple, die eienaar van die pizzaplek, die twiet gesien en geantwoord.

“En . . . nee, jy begin nie vandag met daardie werk nie! Ek het jou nou net afgedank! Voorspoed met jou lewe sonder geld en sonder werk!”

cella 1

Volgens die Daily Mail het ’n werknemer Cella se twiet onder Robert se aandag gebring. Robert het toe op die twiet gereageer, maar dit intussen uitgevee.

Die voorval het baie aandag op Twitter getrek – dit is duisende kere aangestuur en as gunsteling gemerk. Terwyl party gebruikers hul ongeloof oor die voorval uitgespreek het, het ander die meisie se kant gekies.

Bron: dailymail.com