’n Roemeense tiener het aan die brand geslaan nadat sy bo-op ’n trein se dak geklim het om die “beste selfie” te neem. Anna Ursu (18) het aan ’n kragkabel bo die trein geraak en 27 000 volt het deur haar liggaam geskiet, en haar lyf en klere aan die brand gesteek.

Die elektriese lading was so sterk dat haar 17-jarige vriendin wat saam met haar daar was, van die dak geslinger is.

Ten spyte van al die pogings om haar lewe te red, is sy later die middag in die hospitaal oorlede. Meer as die helfte van haar lyf was met brandwonde oortrek.

Haar vriendin sterk aan in die hospitaal. Sy erken dat hulle nie eers die gevaar oorweeg het toe hulle op die dak geklouter het nie.

Bronne: Daily Mail, Daily Mirror