Die foto’s is Woensdag in sosiale media versprei.

“Ons sal die saak bekyk,” het die presidensiële woordvoerder Bongani Ngqulunga gesê.

’n Neëntienjarige vrou, Lindokuhle Dlamini, het Dinsdag ’n reeks selfies van haar saam met die president gedeel. Sy het daarby geskryf: “Hy is nie net ’n ‘blesser’ nie; ons is dolverlief en ek is dankbaar vir alles wat hy vir my gedoen het. Baie liefde. xoxo”

’n “Blesser”, oftewel ’n vroetelpappie in Afrikaans, is ’n ouer man wat ’n jonger vrou met geld of geskenke oorlaai in ruil vir seks.

Haar Facebook-blad is sedertdien uitgewis.

Bron: News24