Charlotte Heffelmire van die Amerikaanse deelstaat Virginië het haar pa, Eric, vasgekeer onder die voertuig in die motorhuis by hul huis aangetref. Hy het daaraan gewerk toe die domkrag skuif en hom vaskeer. Dit het ook daartoe gelei dat olie uitgeloop het wat die bakkie en motorhuis vlam laat vat het. “Daar was amper dadelik ’n sterk reuk van petrol net toe die domkrag skuif en toe boem!” het Eric aan NBC Washington vertel.

Charlotte het sowat 10 minute later kaalvoet die motorhuis binnegehardloop. Sy het dit met bomenslike krag reggekry om haar vasgekeerde pa te red.

“Ek het by die motorhuis ingekom en dit was reeds in ligte laaie en vandaar het ek net ’n soort bomenslike houding aangeneem en gedoen wat ek moes,” het Charlotte, ’n leerder aan die Amerikaanse Lugmag-akademie, gesê. Sy het met Eric se leiding dit reggekry om die bakkie te lig. “Ek het gevoel hoe die gewig verskuif en gesê: ‘Jy’s amper daar,’ en toe word ek skielik uitgetrek,” vertel Eric. Charlotte het daarna die 911-noodnommer gebel terwyl sy die brand met ’n tuinslang geblus het. “Nadat die bakkie gelig is, het Charlotte die motorhuisdeur toegemaak om die barnd binne te hou en toe in die huis ingegaan en almal uitgekry, ook haar suster se baba,” het die Fairfax se brand-en-reddingsafdeling gesê.

Die plaaslike brandweer het Charlotte intussen met ’n Citizen Lifesaving-prys vir haar heldedaad vereer.

Eric is trots op sy dapper dogter. “Ek het gedink hulle sou later die aand ’n lyk daar uittrek.”

Bronne: metro.co.uk, foxnews.com

Lees ook:

Oe-la-la kyk net só ‘n sexy Tarzan!

Hierdie man se laaste Facebook-plasing sal jou hart breek