Bryn (16) het volgens ’n inskrywing op die skool se Facebook-blad Woensdagmiddag laat tydens ’n oefensessie by die gimnasium inmekaargesak.

Volgens dokters het hy ’n aneurisme gehad, maar dit was nie moontlik vir dokters om dit te opereer nie. Hy is Donderdagoggend omstreeks drieuur in die King Edward Hospitaal oorlede.

“Dokters het bevestig Bryn se aneurisme was waarskynlik ’n klompie jare dormant,” lui die plasing verder. “Dit kon enige oomblik gemanifesteer het en is nie deur die oefening veroorsaak nie.”

’n Onbekende mens by die Virgin Active-gimnasium in die Westville-winkelsentrum het Bryn probeer bystaan toe hy tydens sy oefensessie inmekaarsak. Paramedici was kort daarna op die toneel.

Die gr. 11-leerder laat sy ouers, Janine en Brett, en broer, Kian, agter.

Die skool beplan ’n gedenkdiens.