Passasiers op ’n United Airlines-vlug van San Francisco na Londen was woedend nadat personeel hulle gevra het om sonder toiletpapier oor te weg te kom of ’n plan te maak met goed uit hul handbagasie. Lugwaardinne het darem servette in die toilette geplaas. “Dis walglik en aaklig,” het die passasier Gretchen Holland aan ABC gesê. “As ek vir ’n kaartjie betaal, moet dit mos die prys van die toiletpapier insluit.” United Airlines, wat die laaste plek behaal het op die Amerikaanse kliëntediens-indeks, beweer hulle kon nie stop vir toiletpapier nie omdat dit die vlug sou vertraag.