Terwyl dit opwindend kan wees, is daar soms niks lekkerder nie as die eenvoud van ou geanimeerde flieks nie.

Jou kinders kan in die vakansie hierdie klassieke flieks kyk. Ma en pa kan ook maar kyk – die kans is goed dat hulle dit uit hul eie kinderdae onthou!

1.    Aladdin (1992)

Hierdie verwerking van ’n klassieke volksverhaal is iets om te aanskou. Dit kry ook ’n liefdesverhaal by.

2.    The Jungle Book  (1967)

Gryp die springmielies en geniet die avontuur van ’n seuntjie wat in die oerwoud grootword.

3.    The Aristocats (1970)

Singende katte in Parys met ’n paar rondloperkatte wat dinge interessant maak – wat is nou beter?

4.    Bambi (1942)

Kan julle glo die hartseer verhaal oor die takbokkie is al in 1942 gemaak? Hierdie een is die ene sjarmante onskuld.

5.    Hercules (1997)

Dié verwerking van die antieke Griekse mite is ’n opwindende avontuur, maar sal jou kinders ook ’n bietjie leer oor die Griekse mitologie en antieke beskawings.

6.    Alice in Wonderland (1951)

Jou kinders ken dalk die jongste weergawe van Lewis Carroll se magiese verhaal, maar die oorspronklike is werklik die kyk werd.

7.    Pinocchio (1940)

Die bekende Pratende Kriek en die houtpop wat so graag ’n regte seun wil word – ’n klassieke sprokie wat met reg as een van die bestes beskou word.

8.    Dumbo (1941)

Jy kan nie jou kinders sirkus toe neem nie, maar dit is na aan die ware jakob. Hierdie olifant se reuse ore laat hom telkens in die moeilikheid beland.

9.    The Sword in the Stone (1963)

Jou kinders sal dol wees oor die magiese avonture wat die towenaar Merlin en die jong Arthur meemaak!

10.   Snow White and the Seven Dwarfs (1937)

Watter lys Disney-flieks sal voltooid wees sonder een van die mees geliefde sprokies ter wêreld? Wys jou kinders die storie van Sneeuwitjie, haar bose stiefmoeder en die sewe dapper dwergies.