1. Speel die woordspel-geheuespeletjie: Skep ’n dubbelstel woordkaarte. Sit hulle met die woorde na onder neer en neem beurte om die kaarte twee op ’n slag op te tel om ’n paar identiese woorde op te spoor.

2. Speel die vierstappe-speletjie: Laat jou kind ’n spelkaart optel, na die woord kyk, dit hardop sê, dit uitspel, dit dan weer omkeer en die woord neerskryf.

3. Lees, lees, lees: Hoe meer jou kind lees, hoe beter gaan sy spelvermoë word. Onthou, prentboeke het dikwels meer gevorderde taalgebruik as vroeë leesboeke; moet dus nie jou kind dwing om hul boeke met meer “opvoedende” boeke te vervang nie.

4. Oefen: Oefen baie. Spelvermoë is nie iets wat jy kan aanleer en dan laat lê nie; dit moer gedurig hersien word.

5. Doen projekte wat woorde betrek: Maak collages waar jou kind woorde uit ’n tydskrif knip en op papier plak. Hulle kan dan sinne bou.

6. Moedig jou kinders aan om die rekenaar se speltoetser te gebruik: Terwyl party mense dit as ’n stut sien, is dit ’n uitstekende manier vir jou kinders om onmiddellik te sien watter woorde hulle verkeerd gespel het. help jou jonger kinders wat net begin leer spel; die woorde is dalk so verkeerd gespel dat die speltoetser nie met voorstelle vorendag kan kom nie.

7. Speel woordspeletjies: Scrabble, Boggle en Hangman is uitstekend om hul spelvermoë te verbeter. Dit is ’n lekker, vinnige manier om moeilike woorde baas te raak.

8.  Spel en eet: Terwyl jy ’n maaltyd berei, kan jy jou kind vra om woorde te spel. Vir elke korrekte spelling kan hulle ’n happie van iets kry.

9. Omring jou kind met woorde: Etiketteer jou kind se lessenaar, bed, hangkas, ensovoorts sodat hulle die woorde kan memoriseer.

10. Beloning, nie straf nie, is die sleutel: Maak seker jy beloon jou kinders met prys, plakkers, punte, ensovoorts. Dit hou hulle gemotiveer.

Nuttige wenk: Om jou kind by  die huis met spelling te help, vereis geduld en ’n omgewing anders as die skool. Moenie ’n onderwyser probeer wees nie, wees ’n opvoedende ouer. Hou die aktiwiteite pret en kort, en doen dit gereeld.

  • Klik hier vir Huisgenoot, YOU en DRUM, in samewerking met Pharos, se mobi-app wat jou kind se spelvermoë sal help ontwikkel.

- Janine Nel

Bronne: childdevelopmentinfo.com, teachmama.com, kallikids.com, teaching-reading-fundamentals.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.