Die laaste week van die skoolvakansie is hier, en as jy gelukkig genoeg is om tuis saam met die kinders te wees, soek jy dalk ’n paar interessante idees om die dae om te kry. Hier is ’n paar lekker planne van ons Pinterest-borde om jou op koue, vervelige dae besig te hou.

Bou saam ’n fort 

[caption id="attachment_3364" align="alignnone" width="228"]Foto gespeld van builtbykids.com Foto gespeld van builtbykids.com[/caption]

Gaan kamp in jou sitkamer. Klik hier vir wenke om die perfekte fort te bou.

Hou ’n fliek-marathon met springmielies en warmsjokolade

[caption id="attachment_3367" align="alignnone" width="200"]Foto gespeld van pepper.ph Foto gespeld van pepper.ph[/caption]

Maak reg vir ’n luilekker lang dag op die rusbank. Klik hier vir ’n lys kindervriendelike flieks wat jy en jou kinders saam kan geniet.

Speel eenbeentjie binne

[caption id="attachment_3366" align="alignnone" width="225"]Foto gespeld van morethanscrap.blogspot.com Foto gespeld van morethanscrap.blogspot.com[/caption]

Dit is die perfekte manier om jou kinders te laat speel wanneer dit koud en nat buite is. Al wat jy nodig het, is kleefband en hope energie!

Laat hulle pannekoek bak

[caption id="attachment_3372" align="alignnone" width="199"]Foto gespeld van blog.melissaanddoug.com Foto gespeld van blog.melissaanddoug.com[/caption]

Pannekoek is perfek vir daardie koue, nat dae. Kry die kinders betrokke en maak dit pret!  Klik hier vir ’n heerlike resep.

Maak ’n bal-doolhof

[caption id="attachment_3360" align="alignnone" width="225"]Foto gespeld van ivillage.com.ca Foto gespeld van ivillage.com.ca[/caption]

Dit gaan die kinders ure lank op ’n kreatiewe manier besig hou! Klink hier vir die aanwysings.

Laat hulle met eetbare vingerverf skilder!

[caption id="attachment_3363" align="alignnone" width="200"]Foto gespeld van theimaginationtree.com Foto gespeld van theimaginationtree.com[/caption]

Nee, ons grap nie! Besoek The Imagination Tree vir die resep.

Hou Idols-oudisies in die sitkamer

[caption id="attachment_3368" align="alignnone" width="223"]Foto gespeld van ivillage.com.au Foto gespeld van ivillage.com.au[/caption]

Omskep jou sitkamer in ’n verhoog en laat jou kinders hul talente deel deur ’n liedjie of twee te sing; hulle sal dol wees daaroor! En moenie vergeet om die herinneringe vas te vang nie!

Maak juweliersware van ontbytpap

[caption id="attachment_3361" align="alignnone" width="199"]Foto gespeld van Sarah Lenz Foto gespeld van Sarah Lenz[/caption]

Maak ’n helderkleurige halssnoer van ontbytpap waaraan hulle kan smul! Klik hier om uit te vind hoe jy dit maak.

Speel poppekas

[caption id="attachment_3373" align="alignnone" width="200"]Foto gespeld van etsy.com Foto gespeld van etsy.com[/caption]

Wie hou nou nie van poppekas nie? Dit gaan beslis sorg vir opwinding, pret en glimlagge!

Laat hulle kreatief raak met breekgoed

[caption id="attachment_3362" align="alignnone" width="300"]Foto gespeld van thesweetestoccasion.com Foto gespeld van thesweetestoccasion.com[/caption]

Kunswerke op die muur? Streng gesproke verbode. Kunswerk op goedkoop breekgoed? Heeltemal oukei! Kyk hoe The Sweetest Occasion krabbel in kleurvolle versierings verander.

- Janine Nel

Bronne: ivillage.ca, buzzfeed.com, parenting.com, pinterest.com