Op Dinsdag, 4 Februarie 2014, is Facebook presies tien jaar oud. Hier is tien goed wat jy oor Facebook moet weet.

  1. In die afgelope tien jaar het die sosiale netwerk-gebruikers tot 1,2 miljard gegroei.
  2. Facebook se stigter, Mark Zuckerberg (29), is een van die jongste miljardêrs. Sy inkomste vir 2013 was $7,87 miljard, 55% meer as in 2012.
  3. Zuckerberg en sy universiteitsmaats het die sosiale netwerk op 4 Februarie 2004 in sy koshuiskamer by Harvard-universiteit as “theFacebook” begin.
  4. Facebook het twee jaar terug Instagram vir $1 miljard gekoop en mense bestee deesdae meer tyd op dié twee platforms as op YouTube, Yahoo! Twitter, Pinterest, Tumblr en LinkedIn saam
  5. In Desember 2013 was daar op ’n gemiddelde dag meer as 6?miljard “likes” – amper 60% meer as ’n jaar tevore.
  6. Die rede hoekom Facebook se logo blou is, is omdat Mark Zuckerburg kleurblind is en hy glo die kleur blou die beste kan sien.
  7. Sowat 78% van Facebook se verkeer kom vanaf slimfone en sowat 350 miljoen foto’s word daagliks opgelaai.
  8. Coca-Cola is die gewildste maatskappy op Facebook en spog met meer as 79-miljoen “likes”.
  9. 39% van volwassenes op Facebook het tussen 1 en 100 Facebook-vriende.
  10. Gemiddeld spandeer gebruikers 20 minute per dag op Facebook.