Hier is 10 goed wat jy waarskynlik nie van selfone geweet het nie:

  1. In 1974 het Martin Cooper die eerste oproep van ’n mobiele foon af gemaak. Hy was ’n uitvinder by Motorolla.
  2. Die eerste selfoon is ontwikkel in ’n tyd toe daar nog nie draadlose fone vir die huis was nie. Dit het 1 kg geweeg!
  3. Die naam “selfoon” kom van die manier waarop die foon werk. Seintorings verskaf seine wat in selle verdeel word. Elke sel bind met ’n ander sel om so ’n foutlose verbinding te maak. Die woord “selfoon” is vir die eerste keer in 1984 gebruik.
  4. Die eerste mobiele foon is in 1983 in die VSA vir net minder as R50 000 verkoop. In vandag se geld is dit meer as R111 000.
  5. Suid-Afrika het in 1994 vir die eerste keer selfone gekry deur Vodacom. Die destydse hoof uitvoerende beampte van Vodacom, Alan Knott-Craig, het later die baas van Cell C geword.
  6. Jou selfoon het meer berekeningskrag as die rekenaar wat gebruik is vir die Apollo 11-maanlanding.
  7. Die deursneeselfoon het 19 keer meer bakterieë as toilethandvatsels en wêreldwyd het meer mense selfone as toilette.
  8. Die deursneemens kyk 110 keer per dag na hul selfoon of maak dit oop.
  9. Suid-Afrika se bevolking is 51,8 miljoen, maar selfoonpenetrasie is 66,1 miljoen. Dit beteken daar is ’n 128 persent aktiewe konneksie vir die land.
  10. Daar is meer selfone in Suid-Afrika as wat daar taxi’s, televisies en radio’s saam is.

Bron: Phonefinder, Mala Media