1. Robin McLaurin Williams is op 21 Julie 1951 in Chicago in die VSA gebore.
  2. Hy is drie keer getroud. Sy eerste huwelik was met Valerie Velardi (1978 tot 1988), sy tweede vrou is Marsha Garces (1989 tot 2010) en sy derde vrou is Susan Schneider, met wie hy in 2011 getroud is.
  3. Robin het drie kinders, Zelda Rae Williams, Cody Alan Williams en Zachary Pym Williams.
  4. Hy het aan die kunsskool Julliard studeer. Wyle Christopher Reeve, die Superman-akteur, was een van sy medestudente.
  5. Hy het sy rolprentdeurbraak in Good Morning, Vietnam (1987) en Dead Poets Society (1989) gemaak.
  6. Hy het in 1998 ’n Oscar gewen vir sy ondersteunende rol in die drama Good Will Hunting.
  7. Robin is 12 keer vir ’n Golden Globe-toekenning benoem. Hy het ses keer gewen.
  8. Die tydskrif Entertainment Weekly het hom in 1997 benoem as die snaaksste lewende man, en die volgende jaar het hy hul lys as een van die wêreld se 25 beste akteurs gehaal.
  9. Van al die werk wat hy gedoen het, het hy skerpskerts die meeste geniet.
  10. Robin het ’n groot deel van sy lewe aan depressie gely.

Bronne: IMDB, Die Burger.com, Channel24