SY BEKENDE lag is nou skielik luider, sy ondeunde oë skitter meer, sy breë borskas is nog ’n entjie breër.

“Ja, man, een van die dae is ek mos ’n pappa!” spog die vermaaklikheidster en TV-aanbieder Thys die Bosveldklong (36) in sy huis in Pretoria. “En ek kan nie wag nie!”

Vir Debbie Streicher (33) is dit wonderlik om haar man so opgewonde te sien.

“Hy is soos ’n kind wat nie kan wag dat Kersfees aanbreek nie.”

Sy stut die gewig van haar maag in haar hande. “Dit is ’n groot seuntjie. Die dokter sê hy is twee weke groter as wat hy

moet wees.”

Kan seker ook nie anders nie, Thys die Bosveldklong is een van die dae pa, en hy is so opgewonde soos ’n kind oor ’n geskenk want Mamma en Pappa kom uit ’n familie waar liggewigte maar skaars is.

Maandag 2 Augustus: Vir dié dag het Thys geen afsprake gemaak of optredes bespreek nie, want hy sal senuagtig voor die teaterdeur in die hospitaal sit en wag terwyl ’n keisersnee op Debbie uitgevoer word.

“Maar sy en Stiaan sal oukei wees. Ek weet sommer!” verklaar hy.

Lees die volledige onderhoud in die Huisgenoot van 22 Julie 2010