Daar is min dinge wat by die absolute rou angs kom wanneer jy weet jy gaan binne etlike sekondes uit ’n vliegtuig vryval.

Jou hande sweet, jou bene bewe, jou rug verstyf.

Maar vir Thys die Bosveldklong is dit sommer niks. Nee wat, spring, klim, duik, vlieg – hoe gevaarliker, hoe beter vir dié sanger en adrenalienslaaf.

In die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo gaan spring ons saam met Thys uit ‘n vliegtuig en probeer ons ook byhou terwyl hy skubaduik.

“My seuntjie het my gene geërf. Hy is op sy gelukkigste as ek hom hoog bo my kop optel. Ek dink hy gaan ook eendag van vlieg hou!

“Oe, hy is my alles. Ek was seker een van die vurigste alleenlopers nóg, maar toe ek Debbie ontmoet, was die koeël deur die kerk. Nou is ek ’n groot gesinsman,” vertel Thys.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo.