Dis amptelik: Thuli Madonsela word ’n Matie!

[caption id="attachment_136366" align="aligncenter" width="600"]Foto: Lubabalo Lesolle Foto: Lubabalo Lesolle[/caption]

Thuli, wat vanjaar uittree as openbare beskermer, is by die Universiteit Stellenbosch as ’n dosent  aangestel. Sy sal in 2018 daar begin werk.

“Die regsfakulteit aan die Universiteit Stellenbosch kondig met groot genoeë aan dat adv. Thuli Madonsela ? aanbod aanvaar het om in die fakulteit  ? leerstoel in maatskaplike geregtigheid te beklee,” het die universiteit in ’n verklaring gesê.

Sy neem in 2017 glo eers ? blaaskans en sal na afloop van haar sabbatsverlof aansluit by die universiteit, waar sy studente oor “maatskaplike geregtigheid, insluitend administratiewe geregtigheid”, sal touwys maak.

Sy voel besonder geëerd om dié pos te beklee, het Thuli gesê. “Ek hoop ek en my kollegas by die regsfakulteit kan saamwerk daaraan dat grondwetlike beloftes van inklusiwiteit gegrond op maatskaplike geregtigheid, welvaart, vriendskap en vrede vinniger ? werklikheid sal word.”

Thuli het ook bygevoeg sy sien besonder baie daarna uit om met jong mense te werk.

Maties is duidelik in hul noppies met die nuwe aanstelling en het hul opgewondenheid hieroor op die sosiale media uitgespreek.

Geluk, Thuli!