Theuns Jordaan het Afrikaanse musiek se naam die afgelope naweek hooggehou tydens die Suid-Afrikaanse Musiekpryse (Sama’s).

Die 19e MTN Sama’s is Saterdagaand in die Sun City Superbowl gehou. Theuns het twee pryse ingepalm vir sy album Roeper. Dit is aangewys as die beste kontemporêre musiekalbum en het ook die prys vir topverkoper-album gewen.

Miljoene kykers het op SABC1 ingeskakel om die prysuitdeling te kyk en is getrakteer op optredes deur ’n paar interessante kombinasies. Bobby van Jaarsveld het byvoorbeeld saam met Oskido, Candy en Zozo & Sangere Superbeat opgetree.

Die groot wenners was die popsanger Toya Delazy en die rapper Kuli Chana wat altesaam vyf pryse gewen het, onder meer nuweling van die jaar (Toya) en beste manlike kunstenaar (Kuli).

Hier is al die wenners:

• Album van die jaar, oorhandig deur Menzi Ngubane & Sophie Ndaba

Khuli Chana: Lost in Time

• MTN-album van die jaar, oorhandig deur Serame Taukobong

Sfiso Ncwane: Kulungile Baba

• Paar of groep van die jaar, oorhandig deur Arthur Mafokate & DJ Pepsi

Freshlyground: Take Me to the Dance

• Vroulike kunstenaar van die jaar, oorhandig deur Theo Kgosinkwe & Nhlanhla Nciza

Kelly Khumalo: The Past, The Present, The Future

• Manlike kunstenaar van die jaar, oorhandig deur Theo Kgosinkwe & Nhlanhla Nciza

Khuli Chana: Lost in Time

• Nuweling van die jaar, oorhandig deur Arthur Mafokate & DJ Pepsi

Toya Delazy: Due Drop Deluxe

• Beste rock-album, oorhandig deur Rapulana Seiphemo & Tsholo Monedi

Zebra & Giraffe: The Wisest Ones

• Beste pop-album, oorhandig deur Rapulana Seiphemo & Tsholo Monedi

Toya Delazy: Due Drop Deluxe

• Beste volwasse kontemporêre album, oorhandig deur Greg Carlin & Zahara

Elvis Blue: Journey

• Beste kontemporêre musiek-album, oorhandig deur Greg Carlin & Zahara

Theuns Jordaan: Roeper

• Beste Afrika volwasse album

Maleh: Step Child

• Beste alternatiewe album, oorhandig deur Kgomotso KG Moeketsi & Khetha Gwala

iScream & The Chocolate Stix: The Paradox

• Beste R&B/soul/reggae-album, oorhandig deur Kgomotso KG Moeketsi & Khetha Gwala

Khaya: For You

• Beste rap-album, oorhandig deur deur Boity and Akhumzi Jezile

Khuli Chana: Lost in Time

• Beste kwaito-album, oorhandig deur Loyiso Bala & Tailor

Professor: The Orientation

• Beste dansalbum, oorhandig deur Loyiso Bala & Tailor

Black Coffee: Africa Rising

• Beste tradisionele gospelalbum, oorhandig deur Boity and Akhumzi Jezile

Various: Spirit of Praise Vol.4

• Beste kontemporêre gospelalbum, oorhandig deur Kgomotso KG Mooketsi & Khetha Gwala

Ntokozo Mbambo: Filled

• Beste tradisionele album, oorhandig deur Pearl Thusi

Soul Brothers: Isiphithiphithi

• Beste Maskandi-album, oorhandig deur Boity and Akhumzi Jezile

Ichwane Lebhaca: Inkunzi Yomthakathi

• Beste jazz-album, oorhandig deur Boity and Akhumzi Jezile

Herbie Tsoaeli: African Time

• Beste klassieke & instrumentele album, oorhandig deur Kgomotso KG Moeketsi & Khetha Gwala

CH2 CH 2 Guitar Duo Live saam met die Universiteit van Pretoria se simfonieorkes

• Beste lewende DVD, oorhandig deur James Shikwambana & Amor Vittone

The Captured Tour Concert Film: Lira

• Beste samewerking

Riot Feat. Zahara: Thetha Nami

• Beste musiekvideo van die jaar, oorhandig deur Penny Lebyane and Ben Maitsapo 

Claudio Pavan vir Honey Spiders (The Parlotones)

• Beste vervaardiger, oorhandig deur Penny Lebyane and Ben Maitsapo

Jax Panik for Due Drop Deluxe  (Toya Delazy)

• Beste ingenieur, oorhandig deur Penny Lebyane and Ben Maitsapo

Mark Beling vir Strong  (BlackByrd)

• Hervermenging van die jaar, oorhandig deur Penny Lebyane and Ben Maitsapo

DJ Kent vir Thinking about You Ft. Zonke  DJ Kent Remix (Theo Kgosinkwe)

• Topverkoper-DVD, oorhandig deur James Shikwambana & Amor Vittone

Vol. 16 Live at Carnival City Joyous Celebration

• Topverkoper-album, oorhandig deur James Shikwambana & Amor Vittone

Roeper: Theuns Jordaan

• Topverkoper Tru-Tone, oorhandig deur Michelle Constant & Lerato Sengadi

Follow Me: DJ Cleo ft. Teddy Bears

• Topverkoper “Ring-Back-Tone”, oorhandig deur Michelle Constant & Lerato Sengadi

Loliwe: Zahara

• Topverkoper Volsnit-aflaai, oorhandig Michelle Constant & Lerato Sengadi

You’re The Voice: Shout/J23 – Artitsts for a safer South Africa

• Sampra-prys, oorhandig deur Jared Orlin

Heavenly Sent: Mi Casa

-  Suzaan Hauman