Die akteurs en verfilmingspan, onder leiding van die akteurs Eric Braeden, Melody Thomas Scott en Peter Bergman, het Dinsdag (die dag voor die eintlike herdenking) bymekaargekom om dit te vier. Die CBS-program is al van Desember 1988 af die dagsepie met die hoogste kyksyfer.

’n Sjokoladekoek in die vorm van die syfer een, bedek met wit versiersel en ’n rooi YR-logo, is voorgesit op die stel by Television City in Hollywood.

Geeneen van die akteurs wat met die sepie se debuut op 26 Maart 1973 daar was (toe elke aflewering nog ’n halfuur lank was) is vandag nog daarby betrokke nie. Jeanne Cooper, wat in September van daardie jaar die rol van Katherine Chancellor begin vertolk het, is in Mei vanjaar oorlede in die ouderdom van 84 jaar.

- Beth Harris/AP/Sapa