Dis glo net ’n lang ruskans sodat die lede kan konsentreer op hul solo-projekte, maar selfs die hartebreker Nathan Sykes sê hy gaan nie asem ophou vir ’n reünie nie. Die groep van vyf het onlangs hul laaste musiekvideo, Glow in the Dark, uitgereik waarmee hulle hul aanhangers groet. Dié video wys van hul loopbaanhoogtepunte, wat agt topvyf enkelsnitte en twee platinum-albums insluit. Bring die snesies!

http://www.youtube.com/watch?v=YftndEBDJvo&feature=player_embedded

BRONNE: MTV.COM, NEWSRENDER.COM