• Hulle het verlede jaar op die toneel verskyn met hul No.1 debuutliedjie All Time Low en het saam met Justin Bieber in Suid-Amerika getoer nadat hy hulle genooi het!
  • Vier van die ouens is van Engeland en een – Siva – is van Ierland.
  • Max was op die drumpel om ’n kontrak te teken om ’n professionele sokkerspeler te word voor musiek sy passie geword het.
  • Twee keer so sexy: Siva het ’n tweelingbroer, Kumar, en Jay ook (sy broer se naam is Tom).
  • Voor hy by The Wanted aangesluit het, was Tom deel van die Take That-huldeblykgroep Take That 2.
  • Nathan ontken dat daar ’n vete is tussen hulle en die ander Britse groep, One Direction. “Ons het onlangs met hulle repeteer. Ons is almal vriende.”
  • Hulle het ’n liedjie genaamd Jealous saam met Rihanna opgeneem wat nog uitgereik moet word.

BRONNE: http://997now.cbslocal.com, Wikipedia.org, http://popcrush.com