A photo posted by The Voice SA (@voicesa) on

Lira het onlangs met die radiopersoonlikheid Gareth Cliff gesels oor die nadele van bekend wees. “Ek was vir ’n lang tyd naïef totdat iets gebeur het wat my oë laat oopgaan het,” het sy vertel.

A photo posted by Lira (@miss_lira) on
Lees ook: Bobby van Jaarsveld ontdek Face Swap en die resultaat is skreeusnaaks! Sy verwys na ’n insident op Twitter toe sy ’n mede-kunstenaar, wie se naam sy nie genoem wil hê nie, gevra het om saam met haar aan ’n liedjie te werk. Die kunstenaar het die aanbod glo van die hand gewys. Ten spyte hiervan lyk dit tog of die goedhartige Lira geen kwade gevoelens koester nie.

A photo posted by Lira (@miss_lira) on

“Waarmee ek soortvan vrede gemaak het, is die feit dat ek verstaan wanneer dinge nie te goed gaan met jou loopbaan nie. En jy kan nie verstaan hoekom dit so goed met die ander persoon gaan nie. Jy kan sulke emosies ontwikkel.”

Jaloesie in die bedryf steek glo gereeld sy kop uit, vertel Lira. Dieselfde kunstenaar wat sy wou help het glo ook op Twitter gesê die The Voice SA-afrigter is net suksesvol te danke aan haar “blanke man”.

Lees ook: Talle Afrikaanse kunstenaars pryk op Sama-nominasielys

“Ons was eintlik baie vriendelik met mekaar. Maar dis koel, ek weet waar dit (met verwysing na die kunstenaar se jaloesie) vandaan kom.”

Lira sê sy het intussen vrede gemaak met die situasie en steur haar nie veel aan al die jaloerse aanmerkings nie. Sy sien dit eerder as ’n geval waar die persoon frustreerd is “met dinge wat nie reg verloop nie, en nou ’n uitlaatklep nodig het”.

Kliek hier om na die onderhoud te luister.

BRONNE: TIMESLIVE.CO.ZA, CLIFFCENTRAL.COM

Ander stories op Huisgenoot.com:

Hoe weet jy of jou kind dalk ’n bril moet dra?

‘Mag al jou drome waar word’ – Angelique Gerber vier haar sexy aanstaande se mylpaalverjaardag in ware Springbok-gees

Kyk: Sy’s die koningin van selfdoen-video’s, maar wat gebeur as SuzelleDIY iemand se hart probeer wen?

Kyk waar bevind die mooie Armand Aucamp hom op sy wêreldreis!

Geliefde sangeres deel eerste kiekies van pasgebore kleinding