“The Rock” Johnson het onlangs 'n Guinness-Wêreldrekord verbeter en dit is nie omdat hy die grootste spiere het nie.

Die akteur het 105 selfies saam met bewonderaars geneem by die Londense première van sy nuwe ramprolprent San Andreas.

Die Hollywoodse kragman kan hom nou daarop roem dat hy die meeste selfies in minder as drie minute geneem het.

Die akteur het 105 selfies saam met bewonderaars geneem by die Londense première van sy nuwe ramprolprent San Andreas. Daar was ook 'n amptenaar van Guinness-Wêreldrekords teenwoordig om seker te maak dat Dwayne hom by al die reëls hou. Al die selfies moet die hele gesig en nek van deelnemers insluit, beelde moet in fokus wees, met herkenbare gesigte, en hulle mag nie dof/onduidelik wees nie. 'n Aantal van die selfies is na bewering gediskwalifiseer, maar op die ou einde het 105 die paal gehaal. Dwayne het die nuwe rekord aangekondig deur 'n video op Instagram te laai:

BRONNE: guinnessworldrecords.com, jezebel.com