THE Raj sê oppas vir bedrieërs, verneukers, swendelaars en kwaksalwers. Hy wil sy bewonderaars veral waarsku teen daardie skelm Kaseran Pillay, die ou wat so ’n flou oomblikkie van bekendheid verwerf het toe hy een van die sogenaamde glans-deelnemers aan verlede jaar se plaaslike Survivor-reeks was.

“Mense sê hy is ek. Ek weet alle Indiese mense lyk eenders, maar hy is nie ek nie. Het jy talent nodig om op ’n eiland vir kos te sit en wag? Ek, daarenteen, is ’n voortreflike vermaakkunstenaar.”

Vir die oningewydes, The Raj is die dansende, singende Indiër in SuperSport se reklame vir die Wêreldbekerkriekettoernooi wat nou in die Indiese subkontinent plaasvind. Hy’s die ou wat krieketbewegings in Bollywood-styl-danspassies omskep – die Dale Steyn, die Muri, die Sachin. En binnekort ook die Tahir, maar dis ’n geheim.

En al wil sommige mense sê hy’s eintlik maar Kaseran die komediant van Johannesburg, is dit alles leuens en bedrog – hy’s The Raj, Bollywood-ster wat sy debuut saam met Shahrukh Khan gemaak het, maar net oor laasgenoemde mooi is, het hy toe al die aandag gekry.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 10 Maart 2011

Kyk bietjie hoe The Raj Afrikaans probeer praat!