Is die plakkaat vir die tweede seisoen van The Originals nie koel verby nie? Die sterre Joseph Morgan en Charles Michael Davis sit aan teenoorgestelde kante van ’n lang tafel saam met Danielle Campbell, Daniel Gillies, Phoebe Tonkin en Leah Pipes.

In die eerste aflewering, Rebirth, vra Klaus (Morgan) vir Elijah (Gillies) en Marcel (Davis) om hom te help wraak neem teen die Guerrera-weerwolwe en hy’s oorgehaal om enigeen wat baba Hope bedreig, uit te wis.

Bron: justjaredjr.com