Die Nieu-Seelandse rolprentmaker het foto’s van sy laaste dag op die stel met sy Facebook-aanhangers gedeel. Hy het ook Vrydag van die stel van die laaste rolprent geblog.

Die tweede rolprent, The Hobbit: The Desolation of Smaug, sal in Desember uitgereik word en die derde, The Hobbit: There And Back Again, verskyn volgende jaar.

Die regisseur het foto’s geplaas van die dwerge, werkers en die akteur Martin Freeman (41), wat die hoofrol van Bilbo Baggins vertolk. Die album begin en eindig met foto’s van Peter se kat, Mr. Smudge.

The Hobbit is gegrond op J.R.R. Tolkien se roman met dieselfde naam en is die voorganger tot sy boek The Lord of the Rings.

– Sapa

sapalogo