Pres. Barack Obama van Amerika sê hy het gehuil terwyl hy die fliek The Butler gekyk het.

Die fliek, wat deur Lee Daniels geregisseer is, gaan oor ’n swart butler wat in die Withuis vir verskeie presidente gewerk het.

Obama (52) het gesê nagedink oor die uitwerking van diskriminasie op ’n generasie mense. Hy sê daardie generasie het waardigheid en deursettingsvermoë getoon, en “baie gemors gesluk omdat hulle gehoop het iets beter wag op hul kinders”.

Obama het die fliek bespreek met Tom Joyner en Sybil Wilkes, die aanbieders van die radioprogram die Tom Joyner Morning Show.

Hy het vertel die Withuis se personeel is vriendelik en sorgsaam teenoor sy gesin. Hy vermoed dis grootliks omdat hulle dink sy dogters, Malia en Sasha, “lyk soos my kleinkind of dogter”.

– Sapa

sapalogo