Die legendariese rockster, Bruce Springsteen, ook bekend as, ‘The Boss’  kom volgende jaar vir die eerste keer in Suid-Afrika optree. Big Concerts het vanoggend aangekondig dat daar drie vertonings sal wees, twee in die Kaap by die Velodrome in Bellville op 28 en 29 Januarie en een in Johannesburg, 1 Februarie by die FNB Stadium.

Springsteen se vertonings is legendaries en word deur baie gesien as een van die heel beste lewendige optredes wat jy kan sien. Hy het al 65 miljoen albums in Amerika verkoop en 120 miljoen wêreldwyd en ook talle pryse gewen, onder andere 20 Grammys, 2 Golden Globes en ook ‘n Oscar vir Streets of Philidelphia in 1994, die tema liedjie van die fliek, Philidelphia.

Kaartjies om hom te sien sal vanaf Woensdag, 30 Oktober te koop wees by www.bigconcerts.co.za en Computicket.

Ons het ’n paar plaaslike bekendes uitgesnuffel wat ook groot Springsteen aanhangers is en gevra wat hulle gunsteling liedjies of albums is:

Lise Swart,

Televisie en radio aanbieder

Lise Swart is verseker een van die heel grootste Springsteen aanhangers wat daar is.

“Ek was van kleins af ’n groot Springsteen fan, maar toe ‘Magic’ uitgekom het, het my WARE liefde vir The Boss begin. Bruce is nie net “Born in the USA” nie, sy musiek verteenwoordig alle emosies - geluk, hartseer, vrees en vertroue. Maak nie saak hoe ek die dag voel nie daar sal altyd ’n Bruce song wees om dit te komplimenteer.”

“Dat hy SA toe kom is ongelooflik! My droom was nog altyd om hom live te sien. Tog sal ek hom nog eendag in Madison Square Garden in NY wil sien. Hy doen blykbaar sy beste vertonings ‘in his home town’.”

“Hy is nie net "The Boss" nie, hy is MY BOSS!”

“Om ’n gunsteling liedjie te kies is een van die moeilikste vrae wat ek nog moes beantwoord, maar hier is my top 18… en die wat nie hier staan nie is ook gunstelinge:

Liedjie                                              Album

1.       Thunder Road                       Born to Run

2.       Atlantic City                            Nabraska

3.       Devils and Dust                     Devils and Dust

4.       Human Touch                       Devils and Dust

5.       Devil’s Arcade                       Magic

6.       Terry’s Song              Magic

7.       Into the fire                             The Rising

8.       Nothing Man                          The Rising

9.       You’re Missing                      The Rising

10.   My city in Ruins                       Magic

11.   Mary don’t you weep              The Seeger Sessions

12.   Outlaw Pete                             Working on a Dream

13.   Life Itself                                  Working on a dream

14.   The Wrestler                            Working on a dream

15.   Good eye                                 Working on a dream

16.   Reno                                        Devils and dust

17.   Leah                                         Devils and Dust

18.   Wrecking Ball                          Wrecking Ball

19.   We take care of our own        Wrecking Ball

Valiant Swart,

Sanger en televisie aanbieder

“Ek is ’n huge fan en gaan beslis nie sy show mis nie. Om net een gunsteling liedjie uit te sonder is onmoontlik. My gunsteling album van hom is ‘Nebraska’.”

Elvis Blue,

Idols wenner en sanger

“Ek is die grootste Bruce Springsteen fan in die hele wêreld. Ek het elke liewe album van hom en ook al die boeke oor hom gelees. Ek het verlede jaar kaartjies vir my en my vrou, Chireze gekoop om na hom in Parys te gaan kyk, maar ons kon op die ou end nie gaan nie omdat ’n groot gig ingekom het. Ek was platgeslaan. Ek weet eintlik nou al vir ’n paar dae dat hy Suid-Afrika toe kom en toe ek dit gehoor het, kon ek die hele aand nie slaap nie want ek was te opgewonde. Ek kan nie ophou glimlag nie en laat ek jou nou mooi vertel, ek gaan nie net een van sy shows kyk nie, maar al drie!”

Dis vir Elvis onmoontlik om ’n gunsteling liedjie uit te sonder. “Al sy albums en liedjies is my gunstelinge en ek luister dit die hele tyd en irriteer my vrou grensloos.”

Zelda la Grange,

Madiba se oud persoonlike assistant, ook radio aanbeider op Jacaranda en sakevrou

“Ek is verseker ’n fan en ‘Secret Garden’ is een van my ultimate gunsteling liedjies van alle tye!”

Arno Carstens,

Sanger

‘Ek is verseker ’n groot fan en kan nie wag om my gusnteling liedjie, ‘Born to run’, te hoor nie!”

Erica Wessels,

Aktise

“Ek is ’n total fan en kan verstaan dat baie vroue ’n crush op hom het omdat hy so ’n talentvolle musikant is. Ek het self ’n ‘craft crush’ op hom en ‘Magic’ is my gunsteling album.

Nóg musieksterre wat na SA toe moet kom

As jy uitsien na dié konsert, het jy waarskynlik ’n lys van ander sterre wat jy graag in Suid-Afrika sal wil sien optree. Hier is ons vyf top-keuses:

Die Rolling Stones

[caption id="attachment_57398" align="aligncenter" width="600"]Foto: Xiaozhuli (via Flickr) Foto: Xiaozhuli (via Flickr)[/caption]

Dié vier ooms is dalk al oud, maar beslis nog glad nie koud nie! Die groep het verlede jaar 50 jaar in die vermaakbedryf gevier, maar voor hulle finaal die mikrofone afskakel, sal ons graag saam met hulle die nag wil swart verf.

Madonna

[caption id="attachment_57401" align="aligncenter" width="600"]Madonna  NRK P3 Foto: NRK P3 (via Flickr)[/caption]

Sy is die onbetwiste koningin van popmusiek en haal al sedert die vroeë 80’s opskrifte met haar opspraakwekkende uitrustings, gewaagde fotosessies en energieke optredes.

Elton John

[caption id="attachment_57402" align="aligncenter" width="600"]Foto: Frank Roche (via Flickr) Foto: Frank Roche (via Flickr)[/caption]

Hy tree al die beter deel van vyf dekades op en ’n Disney-fliek is net nie dieselfde as hy nie die temalied sing nie. Elton John sê sy musiek word deur klassieke komponiste soos Beethoven geïnspireer, anders as moderne popmusiek. Kom wys ons hoe dit gedoen word!

Aerosmith

[caption id="attachment_57403" align="aligncenter" width="600"]Foto: Serjao Carvalho Foto: Serjao Carvalho[/caption]

Wie sal nié wil sien hoe Steve Tyler in lewende lywe daardie hoë note tref nie?

Paul McCartney

[caption id="attachment_57404" align="aligncenter" width="600"]Foto: darioferrini (via Flickr) Foto: darioferrini (via Flickr)[/caption]

Al sal niemand ooit weer ’n konsert van die Beatles kan bywoon nie, sal ons graag dié sanger in Suid-Afrika wil sien. Hy het al 22 studio-albums en vyf klassieke albums uitgereik.

Bronne: celebritynetworth.com, rollingstones.com, top40about.com, dailymail.co.uk