Lemon_Chilli_Prawn

Genoeg vir 2 mense

Vir die marinade:

60 ml (¼ k) sojasous

45 ml (3 e) vars gemmer, fyn gerasper

1 knoffelhuisie, fyn gekap

45 ml (3 e) canola-olie

30 ml (2 e) hoisin-sous

15 ml (1 e) sesamolie

5 ml (1 t) Tabascosous

30 ml (2 e) bruinsuiker

30 ml (2 e) heuning

Vir die hoender:

2 hoenderborsfilette

60 ml (¼ k) rooiwynasyn

60 ml (¼ k) sprietuie, gekap

2 babakoolkoppe, gesnipper

2 wortels, gerasper

2 groenuie, in skywe gesny

160 ml (? k) koljanderblare

125 ml (½ k) amandels, in skywe gesny en gerooster

10 ml (2 t) wit sesamsade, gerooster

Klits al die bestanddele vir die marinade saam. Sit die hoender in ’n bak en voeg 45 ml (3 e) marinade by en meng goed. Bedek en verkoel minstens 30 min.; draai ná 15 min. om. Klits die asyn en uie in die oorblywende marinade om die slaaisous te maak. Geur na smaak. Verhit ’n riffelpan oor matige hitte. Braai die hoender sowat 4 min. per kant. Laat rus en sny dan in repe. Meng die hoender, kool, wortels, uie, koljander en die helfte van die amandels met die slaaisous. Sprinkel die sesamsade en oorblywende amandels oor en geniet!