Oscar het nie die verrigtinge bygewoon nie. “Ek is nie tevrede dat hierdie die regte hof is om hierdie aansoek aan te hoor nie,” het sy beslis.

'Daar is niks nuut in die voorleggings van die aansoeker se regspan nie.'

“Daar is niks nuut in die voorleggings van die aansoeker se regspan nie. Na my mening sal dit ’n hersiening van my eie besluit wees indien ek die aansoek oorweeg.

“Ek dink ook dit sal prosedureel verkeerd wees om die aansoek toe te staan of te weier.”

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Masipa Vrydagoggend versoek om nie eers uitspraak in die aangeleentheid te lewer nie.

Volgens Nel sal só uitspraak appèl op appèl op appèl tot gevolg hê.

Oscar se regspan onder leiding van adv. Barry Roux het aangevoer hul aansoek is nie ? appèl teen ? appèl nie, soos wat deur die staat aangevoer is. Roux het gesê hulle het ’n wetlike reg om hul argumente voor te lê.

Masipa het vroeër die staat se aansoek, om appèl aan te teken teen Pistorius skuldigbevinding op strafbare manslag, goedgekeur, maar die aansoek om teen sy vonnis van vyf jaar te appelleer, van die hand gewys.

Bronne: Twitter, EWN, eNCA