’n Hele paar bekendes se kinders het vandag met hul skoolloopbaan begin.

En hoewel die kleingoed nie kon wag vir die avontuur wat voorlê nie, was dit vir hul bekende ouers ’n bietjie moeiliker.

Die akteur en vervaardiger Ivan Botha, wat vanaf Februarie in die film Vir Altyd te sien gaan wees, se dogtertjie, Amelie, was baie opgewonde om met gr.1 te begin.

[caption id="attachment_115063" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Daar was beslis ’n warboel van emosies: trots, hartseer, bang, opgewonde, alles in een,” sê Ivan.

“Ek was baie naby daaraan om ’n traan te pink, maar het myself ingehou. Pappa kan haar nie al op die eerste dag in die verleentheid stel nie.

“Sy kon nie wag vir die dag om te begin nie. Ek en haar mamma (Ciske Kruger) moes haar net tot by die hekkie gestap het, sy wou alleen klas toe stap. Ek was hartseer, maar dit is goed dat sy so onafhanklik is.”

Haar pappa borrel ook van trots.

“Amelie het baie mooi hartjie, een van haar mooiste eienskappe is dat sy op so jong ouderdom alreeds baie omgee vir mense om haar.”

Die model Lee-Ann Liebenberg se oudste dogtertjie, Gia, het groot geglimlag toe sy vandag met gr. 0 begin.

[caption id="attachment_115064" align="alignnone" width="600"]Foto: Verskaf Foto: Verskaf[/caption]

“Ek was verskriklik emosioneel en ek en my ma het lekker gehuil,” sê Lee-Ann. “Ek het nie geweet kinders word so vinning groot nie.” Al was haar mamma benoud, was Gia baie opgewonde om skool toe te gaan. “Sy het vol vertoue by haar nuwe skool en nuwe klas ingeloop en haarself dadelik gemaklik gemaak en aan haar nuwe klasmaats voorgestel. Ek is trots op haar selfstandighed en selfvertroue.” Die voormalige Protea-krieketkaptein Graeme Smith het ook op Instagram geskryf hy het ’n groot knop in sy keel gehad toe sy dogtertjie, Cadence, vandag by ’n nuwe skool begin.

1st day at new school , definitely had a lump in my throat.... #bug #suchatrooper

A photo posted by Graeme smith (@graemesmith49) on

Graeme se vervreemde vrou, Morgan Deane, het ook 'n foto van hul kind se groot dag gedeel en geskryf: "Mejuffrou Onafhanklik het aangedring daarop om haar eie tas te dra, al was dit groter as sy!"

A photo posted by MORGAN (@morgandeane) on

Talle bekendes, inlsuitend Minki van der Westhuizen, Cindy Nell en Willem Botha het ook foto's op hul Instagram gedeel van hul eie eerste skooldae toentertyd.

The greatest gift we can give our children are #MemoriesThatStick #BackToSchool #Bostik #BostikSouthAfrica

A photo posted by Cindy Nell (@cindy_nell) on

  • Deur Marisa Fockema